Ouers en grootouers het Vrydag en Saterdag tydens Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum se jaarlikse Vuurvliegiekonsert geleentheid gehad om hul kleuters in aksie op die verhoog te sien.
Alhoewel kleuters kans gegun is om vir mamma en pappa in die gehoor te waai, het dit sommige nie gekeer om kort-kort op te staan en net gou weer te groet nie.
Die teddies se liedjies het goed by die tema, ‘Toeka tot nou’ gepas. Volksliedjies soos ‘Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê’ en ‘Ek soek na my Dina’ tot hedendaagse Afrikaanse popmusiek is uit volle bors gesing.
Ouers kon Vrydagaand na die konsert heerlik op die gras piekniek hou en saam met hul kinders kuier terwyl grootouers Saterdag met kolwyntjies, koffie en tee bederf is.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Klaramé Naudé geniet duidelik haar draai op die verhoog tydense Osieteddies se Vuurvliegiekonsert.