Leerders spog met uitmuntende talent

Beoordelaars moes behoorlik kopkrap om ‘n wenner aan te wys toe leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) ‘n entoesiastiese gehoor onlangs tydens die Osies got Talent-kompetisie vermaak het. Die 16 items wat die gehoor telkens in vervoering gehad het, is gekies nadat Oosskool se graad-3 tot 7 leerders uitgenooi is om aan oudisies deel te neem. …

Beoordelaars moes behoorlik kopkrap om ‘n wenner aan te wys toe leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) ‘n entoesiastiese gehoor onlangs tydens die Osies got Talent-kompetisie vermaak het.
Die 16 items wat die gehoor telkens in vervoering gehad het, is gekies nadat Oosskool se graad-3 tot 7 leerders uitgenooi is om aan oudisies deel te neem. Die kompetisie het uit sang-, dans-, en drama-afdelings bestaan en die talentvolle leerders se vertonings was van hoogstaande gehalte.
Hoofseun en -meise, Efan Meyer en Leana Swarts het hul goed van hul taak as seremoniemeesters gekwyt.
Die aand se verrigtinge is deur Frederick Fourie, ‘n leerder van Curro Heuwelkruin met Michael Bublé se ‘I just haven’t met you yet’ geopen en daarna het die Osies die verhoog oorgeneem.
Een van die gehoorgunstelinge was die skreeusnaakse skets, ‘Poppedans’ wat Alex Marais, Jayden Pretorius en Christiaan Roos opgevoer het. Roald Pretorius se dansende boemelaar was ook ‘n treffer.
Luan Lenley se weergawe van Trevor Noah se Selfieskets het lagtrane laat loop.
Jordan en Cailin Menzies se duet, ‘Count on me’ het uiteindelik aan hulle die eerste plek in die sangafdeling besorg, terwyl Zara-Leigh Cronje die drama-afdeling met haar toneelstuk, ‘You can’t see it, but I can’ gewen het.
Kylie Campbell se moderne dansitem, ‘Dance like no one is watching’ is as beste dansitem aangewys. Sy is die algehele wenner.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Alex Marais, Jayden Pretorius en Christiaan Roos se poppedansitem.

Luan Lenley wys dat hy net so snaaks soos Trevor Noah kan wees.
Ruald Pretorius is ‘n dansende boemelaar.
Johanthan Schulenberg wys sy slag op die elektriese kitaar.
Athlene Geddes lewer ‘n sangitem.
Kylie Campbell is vanjaar se Osies got Talent-wenner met haar dansuitvoering, ‘Dance like no one is watching.’
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version