Elmarié Bierman vier tien jaar met Oktoberfees

Elmarié Bierman Prokureurs het Saterdag hul tienjarige bestaan jolig met ‘n Oktoberfees gevier. Die oggend se program het met ‘n buffetontbyt begin en ‘n verskeidenheid stalletjies het gesorg dat daar iets was wat in elkeen se smaak en behoeftes voorsien het. Kinders wat die fees saam met hul ouers besoek het, het die geleentheid benut …

Elmarié Bierman Prokureurs het Saterdag hul tienjarige bestaan jolig met ‘n Oktoberfees gevier.
Die oggend se program het met ‘n buffetontbyt begin en ‘n verskeidenheid stalletjies het gesorg dat daar iets was wat in elkeen se smaak en behoeftes voorsien het.
Kinders wat die fees saam met hul ouers besoek het, het die geleentheid benut om op die waterglybaan te baljaar en aan die eet- en drinkgoed wat by die stalletjies te koop was, te smul.
Riaan Grobler, Caro-Lee Kotze en Mischa Becker het Saterdagaand die fees met ‘n konsert afgesluit. Hul eie weergawes van ‘Big spender’ en ‘Nuwe Jerusalem’ het groot byval gevind.
Die opbrengs van die geleentheid sal aangewend word om geriewe by die DBV, Martha Hofmeyr Tehuis vir Bejaardes, Ngwana Babahuis, Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intellektueel Gestremdes en Letswalela-Bahlaloga Senior Secondary School te verbeter.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Ruan Odendaal baljaar op die waterglybaan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version