NewsSchools

Osies ondersteun hul entrepreneurs

Gr. R-leerders van Oosskool het op Vrydag, 21 Oktober, hul verkooptegnieke op die proef gestel tydens hul jaarlikse markdag.

POLOKWANE – Opgewonde gr. R-leerders en hul ouers het reeds vroegoggend begin stalletjies opstel en die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum was hul eerste kliënte.
Produkte wat te koop was het gewissel van soetgoed en pizza tot goudvisse en paddavisse.
Die gebruiklike stalletjies waar leerders hul hare kon “spuitverf”, was ook gewild.
Die skielike reënbui wat deur die oggend uitgesak het, het geensins die leerders se vreugde en opgewondenheid geblus nie, en kort daarna het die pannekoekstalletjie behoorlik begin geldmaak.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button