Vermiste bulletjie gevind, veilig

My bulletjie het na die bakkie gehardloop toe hy my stem hoor - eienaar, Jeanette Venter

POLOKWANE – Die Brahmanbul van amper twee jaar oud wat weggeraak het op Woensdag, 26 Oktober, is gevind en veilig terug by sy mense.

Volgens die  eienaar, Jeanette Venter, het die Gemeenskapspolisieëringsforum (GPF) haar gekontak met die nuus daar ‘n bul langs die N1 is waarna sy gaan kyk het of dit haar bulletjie is.

“Ek het skaars gestop toe hy na my en die bakkie toe aangehardloop gekom het. Ek is baie bly en dankbaar dat ons hom gevind het en ek is baie dankbaar vir almal wie ons gehelp soek het,” sê ‘n verligte Venter.

Woensdag 16:18

POLOKWANE – ‘n Brahman bul van amper twee jaar het weggeraak op Woensdag, 26 Oktober vanaf ‘n stuk weiveld by Ivydale nadat die kamp se drade geknip is.

Die eienaar, Jeanette Venter, vertel dat hulle hul beeste vanaf hul plaas op Kuscke moes skuif nadat hul weiding afgebrand het.

“Ons het hulle op ‘n stuk grond naby Ivydale laat loop, maar die drade is gereeld geknip. Vanoggend het dit weer gebeur en ek het agtergekom die bulletjie is weg. My hart is vreeslik seer, hy is baie mak en kom altyd nader as ons die beeste roep,” vertel sy.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is bewus van die bul wat weg is en fotos van die bul word op sosiale netwerke versprei.

“Ons voel so jammer vir die bul,” vertel Jeanette.

As enige iemand die bul gewaar kan Jeanette gekontak word op 076 234 6600.

maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version