BRIEF: Dirkie herstel goed na terugslag

Dermprobleme het byna die lewe van 'n bekende inwoner van die dorp gekos.

Dirkie van der Bank, ‘n geliefde inwoner, is egter nou aan die herstel en sy ma deel die brief met Bosveld se lesers:

“Dirkie het begin Augustus byna by die dood omgedraai nadat sy huisdokter hom gediagnoseer het met ‘n blindederm wat dreig om te bars. Hy is op 2 Augustus in Limpopo Medikliniek in Polokwane opgeneem, en is daar deur dr. T du Toit gediagnoseer met ‘n obstruksie in sy derm.

Hy was in baie pyn en is op 8 Augustus geopereer. Met ‘n tydelike stoma is hy op 22 Augustus ontslaan. Sy wond het egter septies geraak en hy is na die Eugene Marais Hospitaal in Pretoria gehaas vir behandeling.

Hy was op 30 Augustus weer in die teater en drie dae in die intensiewesorgeenheid. Hy is op 10 September ontslaan. Dit gaan goed met hom en hy wil dankie sê vir sy vrou en familie se gebede en bystand, die gemeenskap se oproepe, inloer, ondersteuning en gebede.”

Groete Altie van der Bank

Exit mobile version