Bosveld NewsLocal NewsNews

Thorny Bush se nuwe langbeeninwoner

'n Kameelperdbul en koei is Maandagoggend in die Thorny Bush Landgoed vrygelaat, maar ongelukkig het 'n fratsongeluk die bul geëis.

MOKOPANE – ‘n Pragtige kameelperdkoei het Maandagoggend ‘n nuwe tuiste by die Thorny Bush Landgoed gekry kort nadat die warm son sy kop oor die prag landgoed uitgesteek het.

Die oggend het egter ook minder goed geëindig nadat die bul wat saam met die koei vrygelaat is, in ‘n gat getrap en toe sy been gebreek het nie. Weens die besering was dit genoodsaak om die spogbul uit te sit.

'n Kameelperdbul en koei is Maandagoggend in die Thorny Bush Landgoed vrygelaat, maar ongelukkig het 'n fratsongeluk die bul geëis.
‘n Kameelperdbul en koei is Maandagoggend in die Thorny Bush Landgoed vrygelaat, maar ongelukkig het ‘n fratsongeluk die bul geëis.

“Die vrylating van die twee diere hier op eie bodem was ‘n bittersoet ervaring vir ons en word betreur,” het Shaun McGrath van Proudafrique, die ontwikkelaars van die landgoed, gesê.

Hy het sy spyt oor die verlies van die kameelperdbul uitgespreek, maar besef dat die verskuiwing van wild altyd met risiko’s gepaardgaan.

McGrath het op ‘n meer positiewe noot meegedeel dat die jong koei reeds haar voete in die nuwe omgewing gevind het en dat die estetiese waarde van ‘n kameelperd op die landgoed vir die ontwikkelaar van onskatbare waarde sal wees.

Thorny Bush Landgoed is enkele minute vanaf die middedorp en erwe verkoop soos soetkoek. Die Kameeldoring Gholfklub is een van die luukses op die voorstoep van kopers wat hier huise gaan oprig.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button