NewsSchools

Refentse glo in Afrikaans

Refentse Morake het op Donderdag 13 Oktober die leerders van Hoërskool Pietersburg vermaak met sy musiek talent en sin vir humor.

POLOKWANE – Refentse Morake is ‘n sanger wat op ‘n straathoek gestaan en sing het toe hy deur sy gunsteling sanger, Karen Zoid, raakgesien is.

Die 18-jarige seun het verlede jaar gestaan en sing in die tuin van sy ouerhuis in Unitapark, ‘n voorstad van Vereeniging, opgemerk is.

‘n Bejaarde dame het nadergekom en gevra of sy ‘n video van hom op Facebook kan sit. Hy het ingestem en gedink die ou tannie het waarskynlik net omtrent 30 Facebook-vriende, maar dit was ‘n groot onderskatting gewees.

Karen Zoid het Rafentse raakgeloop waar hy op ‘n straathoek in Oudtshoorn gesing het. Hy het daardie selfde aand ‘n konsert bygewoon waar Zoid opgevoer het. Hy is aan verskeie Afrikaanse sangers voorgestel en Zoid het hom onmiddelik herken en hom op die verhoog genooi om saam met haar te sing dae na hulle ontmoet het.

Hy het op 1 April 2016 sy eerste CD, My Hart Bly in ‘n Taal, vrygestel en dit het reeds platinum status behaal. “Ek hou van Afrikaans. My ouers kon nie Afrikaans praat nie maar wou my graag die taal leer en al hoe hulle dit kon doen was om vir my Afrikaanse musiek te speel. Dis waar my liefde vir die taal vandaan kom,” Vertel hy.

Hy het by Hoërskool Pietersburg die leerders aangemoedig om hard te leer vir die komende eksamen en om seker te maak dat hulle skool geniet omdat skooljare baie gou verby gaan en mens dit later jare baie mis. Hy moedig mense aan om Afrikaans aan die gang te hou en die taal suiwer te praat omdat dit vir hom een van die mooiste tale in die wêreld is.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button