Legende groet na kankerstryd

Oom Mees, soos bekend in die gemeenskap, was die patriarg van sy familie en 'n ware leier in die gemeenskap.

MOKOPANE – Die gemeenskap is in rou gedompel na ‘n geliefde boer en ‘n plaaslike legende, Mees Neethling (81), Maandag na ‘n dapper kankerstryd oorlede is.

Hy was betrokke by verskeie organisasies in die dorp en het graag sy kennis ten voordeel van ander gedeel. Met sy skerp sin vir humor het hy graag mense laat lag en in die natuur was hy op sy gelukkigste.

Sy vrou Linda, hulle vyf kinders en 12 kleinkinders was sy hartklop en God sy anker. Mees laat groot voetspore en ‘n wonderlike nalatenskap agter.

Hy word Saterdag om 09:30 op die plaas Haaskloof in die Naboomspruit (Mookgophong) omgewing te ruste gelê en die familie sê almal is welkom, bring net ‘n stoel. Sy begrafnis vind om 12:00 vanuit die AP Kerk op die hoek van Platina- en JG Strydomstraat plaas. Vir meer inligting rakende die begrafnis kan Aleke gekontak word by 082 430 8936.

Exit mobile version