PLS-leerders is Voorslag Vories

Leerders van Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs uitstekend tydens die Voorslag Voortrekkerkamp in Hartebees­poortdam presteer. Die kamp behels verskillende uitdagings om vas te stel of lede die kennis en vaardighede wat hulle deur die jaar geleer het kan toepas. Michelle Mocke en Ludick du Preez het beide silwer toekennings gekry terwyl Ané van Dyk ‘n …

Leerders van Pietersburg Laerskool (PLS) het onlangs uitstekend tydens die Voorslag Voortrekkerkamp in Hartebees­poortdam presteer.
Die kamp behels verskillende uitdagings om vas te stel of lede die kennis en vaardighede wat hulle deur die jaar geleer het kan toepas.
Michelle Mocke en Ludick du Preez het beide silwer toekennings gekry terwyl Ané van Dyk ‘n goue toekenning verwerf het.
Volgens Winita Olivier, Voortrekker-sameroeper by PLS, sal die leerders aan die einde van die jaar hul kentekens vir die kamp ontvang.

Storie en foto: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Michelle Mocke en Ludick du Preez het beide silwer toekennings tydens die Voorslag Voortrekkerkamp verwerf. Ané van Dyk (afwesig) het ‘n goue toekenning ontvang.

 

Exit mobile version