Pieties se jukskeispelers maak naam

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16A-meisiejukskeispan het onlangs aan die Administrateursbeker in Pretoria deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Die span het teen verskeie spanne van die noordelike streek Suid-Afrika kragte gemeet en ‘n algehele tweede plek behaal. PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê die toernooi is soortgelyk aan die Noordvaal wat in ander sportkodes gespeel …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16A-meisiejukskeispan het onlangs aan die Administrateursbeker in Pretoria deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.
Die span het teen verskeie spanne van die noordelike streek Suid-Afrika kragte gemeet en ‘n algehele tweede plek behaal. PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê die toernooi is soortgelyk aan die Noordvaal wat in ander sportkodes gespeel word.
Vyf jukskeispelers van PHS, Pieter-Jan Gouws, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray het ook onlangs provinsiale kleure verwerf.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die o.16-meisiejukskeispan het ‘n silwermedalje tydens die jaarlikse Administrateursbeker verower. Hulle is Mikyala Taylor, Yolandi Smith, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray. 

Jukskeispelers wat onlangs Limpopo-kleure verwerf het, is Pieter-Jan Gouws, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray.
Exit mobile version