Pietie o.15-krieketspan is Lim-kampioene

Die o.15-krieketspan van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) is Limpopoligawenners nadat hul verlede Saterdag Hoërskool Merensky in die finaal geklop het. Die gasheerskool was eerste in die kolfkampie en is almal vir 150 lopies uitgehaal. Pieties het tydens hulle kolfbeurt Merensky se telling met twee paaltjies staande ingehaal. Die voordeel van hul tuisveld kon Merensky nie help …

Die o.15-krieketspan van Hoërskool Pie­tersburg (PHS) is Limpopoligawenners nadat hul verlede Saterdag Hoërskool Merensky in die finaal geklop het.
Die gasheerskool was eerste in die kolfkampie en is almal vir 150 lopies uitgehaal. Pieties het tydens hulle kolfbeurt Merensky se telling met twee paaltjies staande ingehaal. Die voordeel van hul tuisveld kon Merensky nie help om die PHS-span te troef nie.
Pieties se topkolwers was LJ Fick wat 36 lopies aageteken het, Tiaan Enslin met 28 en Bart Oerlemans met 21 lopies.
Bart het ook sy slag met die bal gewys deur vier paaltjies te neem, terwyl Wian Kruger en Glen Bezuidenhout elk drie paaltjies laat kantel het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: PHS se o.15-krieketspan wat Limpo­­­powenners is, is Bart Oerlemans, Glen Bezuidenhout, André van Wyngaardt (kap­tein), Wian Kruger, Kyle Weideman en Louis Labuschagne. Agter is Tiaan Enslin, Kenneth Pelser, Damian Viljoen, LJ Fick en Aldo Louw. (foto verskaf)

 

Exit mobile version