Local NewsNews

Gee hospitium ‘n nuwe naam en wen ‘n prys

Hierdie jaar vier Kansa hul 85ste bestaansjaar en met dit het hulle besluit om die hospitium 'n nuwe naam te gee.

POLOKWANE – In 1983 het die Suid-Afrikaanse regering dit goedgedink om hospitiums op die been te bring om mense wat terminaal siek is, te versorg.

Kansa het die besluit ondersteun.

Gewese inwoner van die stad, Jack Botes, het 28 jaar gelede besighede en boere genader om elk R1 000 te skenk om die land se eerste hospitium op die been te bring en so het die Pietersburg Hospitium onstaan.

Die hospitium se naam het verander toe ‘n soortgelyke instansie met die naam Theunis Fichardt gesluit het, en die Pietersburg Hospitum het toe dié naam geneem.

Op Saterdag, 27 Julie 1991 is die gebou se sleutels aan Kansa oorhandig en die hospitium se deure het op 10 Januarie 1992 oopgemaak. Die Sarah May Hancox-saal is bygebou in September 1999.

Hierdie jaar vier Kansa hul 85ste bestaansjaar en met dit het hulle besluit om die hospitium ‘n nuwe naam te gee.

“Ons het besef mense verwar ons naam te veel met ‘n hospice, iets wat ons nie is nie en dat die naam Theunis Fichardt ook geen ooreenkoms met die gemeenskap in Polokwane het nie,” vertel Adri Ras, divisiebestuurder van Kansa Polokwane.

“Ons het besluit om ‘n kompetisie te loods waarin die publiek vir ons ‘n naam kies. Die naam moet so kort as moontlik wees maar steeds kragtig; iets wat geassosieer kan word met hoop en lewe. Die voorstelle van name gaan dan na die uitvoerende kommitee van Kansa gestuur word by wie die finale besluit berus.”

Ras vertel dat die persoon wat die nuwe naam voorstel, ‘n prys sal ontvang wat onder andere ‘n tablet insluit. Die wenner sal op 4 November tydens ‘n spoggeleentheid aangekondig word.

Inskrywings kan gestuur word aan aras@cansa.org.za.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button