Editor's choiceLocal NewsNews

Robby Sandrock se dood laat groot leemte in die dorp

Sandrock se kollegas in die fotografiebedryf beskryf hom as ‘n man met min gelyke in die stad.

POLOKWANE – Familie, vriende en lede van die fotografiegemeenskap in die stad is steeds in ongeloof na die afsterwe van bekende fotograaf en besigheidsman in die stad, Robby Sandrock verlede naweek.

Sandrock is tydens ‘n operasie met lewerversaking gediagnoseer. Hy was ook ‘n diabeet.

Sy dogter Mari-let het met Review gesels oor die man agter die lens
“Alhoewel hy mense dikwels en graag afgeneem het, was sy groot fotopassie dié van argitektuur. Hy kon ure voor ‘n gebou sit en besluit hoe om elke moontlike hoek te fotografeer,” vertel sy.
Sy beskryf hom verder as ‘n man wat lief daarvoor was om met sy hande te skep – van iets bou uit rou materiaal, tot konfytkook en kerriegeregte voorberei.
“Die grootste geskenk was wel die diep liefde wat hy vir my en my ma gehad het,” sê sy.
“Om my pa te beskryf is moeilik. Hy was my pa, my mentor. Hy het my karakter- en leefwyse gevorm. Hy het sy God gedien en liefgehad. Hy het sy werk met ywer aangepak. Hy was enig in sy soort, die kwaai man met die klein hartjie.”
Sandrock se fotografievernuf  is deur talle instansies binne en buite die stadsgrense ingespan oor sy loopbaan van meer as 40 jaar.
Sandrock laat sy vrou Annatjie, kinders Gerrit, Mari-let, Juriaan en Lorynne, sy kleinseun, Johan en broer Gerrit en suster Susan agter.

Review het ook  met fotograaf Alma Whitehead oor hom gesels. Lees meer in hierdie week se Review Weekend.
riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button