Elvis se Seun vermaak

Die dag was 'n reuse sukses - Mev. Polokwane finalis, Megan Grobler

POLOKWANE – Elkeen van die Mev. Polokwane finaliste het die verantwoordelikheid gehad om ‘n funksie te reël wat as fondsinsameling vir die instansie sou dien.

Een van die finaliste, Megan Grobler, het besluit om die gemeenskap op ‘n heerlike en geselligge manier by haar projek betrokke te maak met ‘n potjiekoskompetisie terwyl die musiekgroep, Elvis se Seun, die vermaak verskaf.

Die geleentheid het plaasgevind by Qwin Qwa Rula en daar was vyf potjiekosdisse waarvan die beoordelaars, die lede van Elvis se Seun, die wenner moes kies.

Na die kompetisie het gaste heerlik kon smul aan die potjies terwyl Elvis se Seun gesorg het vir die ideale maaltydvermaak met hul gewilde treffers.

Kort voor lank was die tafels opsy geskuif en het gaste begin skoffel en sokkie op die maat van hul gunsteling liedjies.

“Ek was baie op my senuwees, maar die dag was ‘n reuse sukses en almal het dit terdeë geniet,” vertel Megan.

maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version