BusinessNews

Limpopo Toyota-familiefees trekpleister vir duisende

Die jaarlikse Limpopo Toyota-familiefees wat die naweek gehou is, het bykans 3 500 besoekers gelok en organiseerder Monique Spruyt is in haar skik met dié opkoms. Die hekke het Vrydag om 09:00 geopen en ‘n praatjie deur ‘n ekonoom het om 11:00 gevolg. Om 18:00 het Jason Roos, JUBA Broers en ‘n doedelsakorkes die gehoor …

Die jaarlikse Limpopo Toyota-familiefees wat die naweek gehou is, het bykans 3 500 besoekers gelok en organiseerder Monique Spruyt is in haar skik met dié opkoms.
Die hekke het Vrydag om 09:00 geopen en ‘n praatjie deur ‘n ekonoom het om 11:00 gevolg. Om 18:00 het Jason Roos, JUBA Broers en ‘n doedelsakorkes die gehoor in die markiestent vermaak, gevolg deur die immergewilde Steve Hofmeyr.
Volgens Gordon Ferns, handelaarshoof van Toyota was daar bykans 1 000 mense wat na Hofmeyr se optrede gestroom het. Hy sê dat daar waarskynlik volgende jaar vanweë die groei in besoekers na ‘n groter terrein gesoek sal word om die fees aan te bied.
Sowat 100 uitstallers het vanjaar hul ware te koop aangebied waarvan die meeste ‘n landboutema gehad het. Kruiptrekkers en konstruksie­toerusting, jagtoebehore en gewere asook buitelugklere, toerusting vir motors en bande van alle groottes was te siene.
‘n Perdeuithourit het Saterdag se program afgeskop met bykans 40 ruiters wat aan die 20, 30 en 40 km ritte deelgeneem het. Alles het onder die professionele toesig van gesoute uithouritorganiseerders van die Capricorn Uithouritklub plaasgevind.
Die jongste ruiter was sewe jaar oud.
Die vermaak het iets vir elke lid van die gesin ingesluit, van ‘n 4×4- en ‘n braaikompetisie tot Ronnie die Renoster wat die kinders vermaak het, kos- en koffiestalletjies te kies en te keur en ‘n biertuin om die dors te les. Saterdagaand het Jason Roos, JUBA Broers, Megan, Snotkop en Serenity vir vermaak in die markiestent gesorg. Veral die jonger garde het Snotkop geniet met sowat 700 toeskouers wat dié vertoning bygewoon het.
Een van die hoogtepunte was die Mnr en Mej Limpopo Toyota-wedstryd. Die Mej Fotogenies-titel is deur Michelle Fox opgeraap, terwyl gehoorgunstelinge Mahlodi Mapaya en Lebo­gang Madibana groot aftrek gekry het. Die wenner van die ouderdomsgroep vyf tot sewe jaar was Kgalalele Mabote met Mahlatse Mmabatja wat die kroon in die 8 tot 11 jaar kategorie gedra het.
Palesa Masimene het die kategorie vir meisies van 12 tot 15 jaar gewen en is ook as algehele wenner aangewys.
Jane Bacher het met die louere in die ouderdomsgroep 16 tot 19 jaar weggestap, terwyl Doreen Nkomo die 20 tot 24 jaar-kategorie ingepalm het. Freddie Tshivehengwa is as Mnr Limpopo Toyota aangewys. Volgens Ferns word die geld ten bate van liefdadigheid aangewend.

Story and photos: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Featured photo: Keri-Leigh Wood op Octavia maak gereed om die 20 km pretrit aan te pak.

Die algehele wenner van die Mnr en Mej Limpopo Toyota-kompetisie is Palesa Masimene.
Die algehele wenner van die Mnr en Mej Limpopo Toyota-kompetisie is Palesa Masimene.
Mej Fotogenies, Michelle Fox.
Mej Fotogenies, Michelle Fox.
Mnr Limpopo Toyota Freddie Tshivhenengwa, met eerste prins Hanyani Tollen,links, en tweede prins Pheagane Mokoena, regs.
Mnr Limpopo Toyota Freddie Tshivhenengwa, met eerste prins Hanyani Tollen,links, en tweede prins Pheagane Mokoena, regs.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button