Local NewsNews

Tuinbou liefhebbers kry ‘n les in Bonsai versorging

Hein Faber het ‘n passie vir Bonsai bome en vertel dat hy reeds van die ouderdom van 18 sy tuinbou stokperdjie beoefen.

POLOKWANE – Op Dinsdag, 20 September, tydens die maandelikse Pietersburg Tuinbou klub vergadering, het hy aan tuinliefhebbers demonstreer hoe ‘n mens ‘n Bonsai boom moet snoei en oorplant.

“Daar is ‘n paar tegnieke om jou boom vining oud te laat lyk. ‘n Boom moet gebalanseer wees. Die dikte van jou boomstam moet gelykstaande wees aan die diepte van jou pot. Party Bonsai bome kan in die huis groei, maar meestal groei hulle buite in die natuur.”

Hy verduidelik dat die pot nie groter as die boom moet wees nie en die boom ook nie groter as die pot mag wees nie. Dooie takke is nie noodwendig ‘n probleem nie, en moet net gepluk word. “Ten minste ‘n derde van jou stam moet skoon en oop wees. Dit gee die gevoel van stabiliteit,” vertel hy.

“Hoe stadiger ‘n boom groei. Hoe minder gaan jy aan hom sny.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button