NewsSchools

Watersport en kaskarwedren-aksie by Oosskool

Met die einde van die kwartaal wat so te sê hier is, het Oosskool dit goed gedink om die leerders te bederf deur hulle ‘n paar dae af te gee.

POLOKWANE – Die leerders het op 21 September en Donderdag, 22 September heerlike speletjies gepeel asook kaskarwedrenne gehou. Woensdag het die junior groep, die gr. 1 tot gr. 3, die kans gehad om verskillende speletjies te speel wat meestal water en balle ingesluit het. Om die swembad was daar vier springkastele en waterwurms en die leerders het ook sakresies gehou. Na afloop van die dag was menigte leerders moeg en papnat, maar baie gelukkig.

Die senior groep het Woensdag aan kaskarresies deelgeneem en Donderdag het hulle die geleentheid gehad om af te koel met verskeie waterspeletjies.

Dit was twee dae vir die leerders om die lente-son te geniet en lekker te kuier.

‘n Paar foto’s van die speletjies onder:

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button