NewsSchools

Skole maak skoonskip by Kia Bosveld

Die tweede ronde van die jaarlikse Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede Woensdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, het oudergewoonte uitnemende hardlooprugby en goeie sportmangees gebied. Die Pieties, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi se o.15-spanne het vir die hoogtepunt van die dag met wegholseges gesorg. Die Triegies het Northern Academy Secondary …

Die tweede ronde van die jaarlikse Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede Woensdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, het oudergewoonte uitnemende hardlooprugby en goeie sportmangees gebied.
Die Pieties, Hoërskool Louis Trichardt en Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi se o.15-spanne het vir die hoogtepunt van die dag met wegholseges gesorg.
Die Triegies het Northern Academy Secondary School met 78-0, PHS vir Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met 68-0 en Frikkies vir Hoërskool Hans Strijdom met 52-0 op hul neuse laat kyk.
Laerskool Krugerpark en Laerskool Pietersburg-Oos was die gunstelinge onder laerskoolspanne nadat hulle Laerskool Pietersburg-Noord Primary en Pietersburg Laerskool met eindtellings van 12-5 en 33-7 onderskeidelik laat les opsê het.
Tydens die o.17-wedstryde het Hoërskool Nylstroom PHS se Barbarians net-net met 15-12 geklop terwyl Northern Academy die spit 12-74 teen Hoërskool Frans du Toit moes afbyt. Die Rangers het 14-62 teen Triegies verloor, Hansies het die Tommies met 24-8 getroef, terwyl PHS die Frikkies met 14-5 ge­klop het.
Die finale ronde van die rugbyfees is gister (Woensdag) by PHS aangebied. Teen druktyd was die uitslae nie bekend nie.

Storie en fotos: RC Myburgh

Hooffoto: Hanro Potgieter, o.13, van Oosskool met ‘n kort aangee van die bal na sy spanmaat.

Die o.015-speler van PHS, Tristen van Tonder gebruik ‘n gaping in sy opponente se verdediging.
Die o.015-speler van PHS, Tristen van Tonder gebruik ‘n gaping in sy opponente se verdediging.
Wian Terblanche, o.13, van Suidskool word platgetrek.
Wian Terblanche, o.13, van Suidskool word platgetrek.
Neo Masesane, o.15, van Tommies probeer ‘n PHS-speler ontduik.
Neo Masesane, o.15, van Tommies probeer ‘n PHS-speler ontduik.

Related Articles

Back to top button