Local NewsNews

Jordaan, Du Preez weer in hof vir versinde ontvoering

Die twee verdagtes in die onlangse versinde ontvoeringsaak wat groot opslae gemaak het, Leon du Preez en Berdine Jordaan, sou na verwagting Dinsdag weer in die Polokwane Landdroshof verskyn het. Teen druktyd kon Limpopo Valkewoordvoerder, Matimba Maluleke nie bevestig of die paar wel in die hof verskyn het nie. Die Valke het Du Preez verlede …

Die twee verdagtes in die onlangse versinde ontvoeringsaak wat groot opslae gemaak het, Leon du Preez en Berdine Jordaan, sou na verwagting Dinsdag weer in die Polokwane Landdroshof verskyn het.
Teen druktyd kon Limpopo Valkewoordvoerder, Matimba Maluleke nie bevestig of die paar wel in die hof verskyn het nie.
Die Valke het Du Preez verlede maand op aanklagte van ontvoering en regsverydeling gearresteer en hy is R2 000 borgtog toegestaan. Jordaan staan op haar beurt tereg op aanklagte van regsverydeling, ontvoering en dwarsboming van die gereg nadat sy dieselfde dag as die beweerde ontvoe­ring gearresteer is.
Aanvanklik het die polisie en gemeen­skap gedink dat sy saam met haar vyfjarige dogter en 14-jarige susterskind vanuit Ladanna ontvoer is, maar al drie is later ongedeerd in Musina gevind. “Die ondersoek het daarop gedui dat sy oor die ontvoering gejok en na bewering self vir die 14-jarige meisie se ontvoering verantwoordelik was,” het Maluleke gesê.
Maluleke het voorheen gesê die slagoffers se motor in die parkeerarea van dokterspreekkamers in Doornkraalstraat gevind is waarna die ondersoek die Valke uiteindelik na ‘n huis in Musina gelei het waar die polisie die drie in ‘n hangkas waar hul glo weggekruip het, gevind het.
Nadat hulle gevind is, is Jordaan ondervra en die polisie het besef dat Jordaan en haar dogter nooit ontvoer is nie, maar dat sy wel die 14-jarige na bewering ontvoer het.
“Verdere ondersoeke het daarop gedui dat Du Preez glo saamgesweer het in die ontvoering van die 14-jarige meisie. Die huis in Musina waar Jordaan en die twee kinders gevind is, behoort glo aan Du Preez,” sê Maluleke.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button