Local NewsNews

Herdenking van Moorddrift op erfenisdag

Saterdag is Erfenisdag en soos gebruiklik vind die Herdenking van Moorddrift by Mokopane plaas.

MOKOPANE – Aan die einde van September 1854 is verskeie Trekkers en Jagters deur Makapan inwoners vermoor en dus word daar jaarliks ‘n eerbetoningseremonie by die Moorddriftmonument gehou.

Naasbestaandes van persone met die vanne Prinsloo, Breedt, Bronkhorst, Du Preez, Venter, Potgieter, Botha, Viljee en Coetzee word spesiaal uitgenooi om die geleentheid by te woon en kruisies op die grafte by die monument te lê.

Besoekers moet Saterdagoggend reeds om 10:30 by die monument vergader waarna die eerbetoon stiptelik om 11:00 sal begin.

Daarna sal almal na Mokopane beweeg waar kranse by die graf van Kmdt Genl Piet Potgieter gelê sal word. Daar sal ook ‘n besoek gebring word aan die gedenksteen op die stadsplein ter nagedagtenis aan di wat hul lewens verloor het in die 1854 moorde.

Besoekers sal ‘n ete in die dorp bywoon waarna almal na Makapansgat sal vertrek waar die gebeure van die beleg aan die gemeenskap oorgedra sal word.

raeesak@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button