Editor's choiceLocal NewsNews

Ontsnap spoedlokval, bots met die reg

Dit is onwettig om ander van spoedlokvalle te waarsku

POLOKWANE – Bykans 600 inwoners van Polokwane is op ‘n elektroniese stelsel (whatsapp groep) geregistreer wat deur inwoners op die been gebring is om bewustheid te skep oor die toestand van die stad se paaie.

Die doel, volgens die stigters wat aan Review bekend is, is om padverbruikers te waarsku van ongelukke, betogings en ander gevalle wat hul reis ongemaklik kan maak.

Op hierdie manier word verkeersophopings by ongelukke verminder en ongelukke vermy. Insleepvoertuig personeel is ook deel van die groep, hulle is baie keer eerste op ‘n ongelukstoneel en kan dan nood personeel in kennis stel van ‘n ongeluk op die pad.

Ongelukkig word die groep goedgunstelik gebruik om motoriste teen spoedkameras en spoedlokvalle te waarsku.

‘n Verkeerskonstabel, wat volgens sy posbskrywing nie met die media mag praat nie, het aan Review vertel dat dit onwettig is om mense te waarsku van spoedlokvalle aangesien dit dwarsboming van die gereg is. Waarskuwers kan aangekla word deur hul besonderhede aan die owerhede deur te gee.

Volgens Kagiso Mootane, Woordvoerder van die Departement van Vervoer, skiet mense hulself in die voet deur ander oor spoedlokvalle te waarsku. “Sodra die persoon verby die lokval is, jaag hy weer en is hy ‘n gevaar vir almal. Motoriste moet die owerhede en padreëls respekteer,” sê hy.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button