Man deur woedende groep mense doodgeslaan

Die polisie was teen 12:45 vandag (Dinsdag) steeds op die toneel in Hoofstraat, Superbia waar ‘n vermeende buitelandse dwelmsmokkelaar inmekaar gesak het nadat hy en ‘n tweede persoon vermoedelik deur ‘n groep mense by die Polokwane-taxistaanplek aangerand is. Volgens ‘n ooggetuie het twee mans van die taxistaanplek af aangehardloop gekom. “Die een was kaal en …

Die polisie was teen 12:45 vandag (Dinsdag) steeds op die toneel in Hoofstraat, Superbia waar ‘n vermeende buitelandse dwelmsmokkelaar inmekaar gesak het nadat hy en ‘n tweede persoon vermoedelik deur ‘n groep mense by die Polokwane-taxistaanplek aangerand is.
Volgens ‘n ooggetuie het twee mans van die taxistaanplek af aangehardloop gekom. “Die een was kaal en die ander het net ‘n onderbroek en kouse aangehad. Die naakte man het aanhou hardloop in die rigting van die begraafplaas terwyl die ander man op die sypaadjie inmekaar gesak het,” vertel die ooggetuie.
Hy sê volgens inligting is die twee mans na bewering buitelandse dwelmsmokkelaars wat by die taxistaanplek deur plaaslike inwoners getakel en aangerand is.
“Volgens gerugte het die man se aanvallers hom met van sy eie dwelms ingespuit. Nadat die twee mans daarin geslaag het om van die boendoehof te ontsnap, het hy op die sypaadjie weens ‘n dwelmoordosis inmekaar gesak,” sê die bron.
Nog die Westenburg polisie of provinsiale polisie kon vir kommentaar bereik word nie.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Lede van die polisie se forensiese eenheid op die toneel in Hoofstraat waar ‘n man inmekaar gesak het nadat hy glo by die taxistaanplek aangerand is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version