NewsSchools

Onderwysbloed vloei deur sy are

'n Ou bekende in Polokwane se laerskoolkringe, Freddie du Preez, is aangestel as die nuwe Operasionele Hoof van Curro Heuwelkruin se Laerskool.

POLOKWANE – Hy sal met die aanvangs van die vierde kwartaal sy pos inneem.

Du Preez voltooi sy skoolloopbaan in 1998 aan die Hoërskool Balfour. Hy studeer aan die Normaal Kollege Pretoria en begin sy onderwysloopbaan in 1994 aan die Laerskool Thabazimbi. Vanaf Januarie 1995 tot en met Desember 2005 is Du Preez verbonde aan Pietersburg Laerskool waar hy diep spore trap as sportafrigter.

Dit is as rugbyafrigter waar hy naam maak met vier provinsiale wenspanne en ‘n Super 12-titel agter sy naam. Hy neem ook waar as Departementshoof van Opvoedkundige Leiding.

Du Preez ruil onderwys vir die privaatsektor in 2006 waar hy ‘n bestuurspos aanvaar.

Die onderwysbloed loop egter diep in sy are en in Januarie 2011 keer hy terug na die onderwys waar hy verbonde is aan die Laerskool Middelburg. Hy was van 2008 tot 2013 betrokke by Gretha Wiid se skoolverwisselings- en lewensvaardighede kampe waar hy sy sterk Christelike lewensbeskouing kon uitleef.

Hy is getroud met Mariaan,’n oud-Polokwane-inwoner, en die paartjie het twee kinders, Lieneke in gr. 9 en Stephan in gr. 7.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button