Nagmerrie oor huisbrand word nare werklikheid

Flora Maloka het ongeveer ‘n week gelede gedroom dat sy ‘n nare ervaring gaan hê en dieselfde dag wat haar huis afgebrand het, gedroom haar pa skud haar wakker omdat die huis in vlamme is. Sy en drie loseerders het Vrydag al hulle besittings verloor nadat bykans die hele huis in Leighlaan, Bendor deur ‘n …

Flora Maloka het ongeveer ‘n week gelede gedroom dat sy ‘n nare ervaring gaan hê en dieselfde dag wat haar huis afgebrand het, gedroom haar pa skud haar wakker omdat die huis in vlamme is.
Sy en drie loseerders het Vrydag al hulle besittings verloor nadat bykans die hele huis in Leighlaan, Bendor deur ‘n brand vernietig is.
Maloka sê sy slaap gewoonlik diep en word nie maklik wakker nie. “Ek het egter Vrydagoggend net na 07:00 wakker geskrik van ‘n droom waarin my pa my wakker skud en sê die huis brand. Ek het opgespring en besef een van die kamers is inderdaad in rook en vlamme gehul wat vinnig versprei en het onmiddellik die loseerders wakker gemaak, uit die huis gevlug en die nood­dienste geskakel,” sê sy.
Die polisie, lede van die Sektor 2 Gemeenskapspolisiëringsforum en die brandweerdienste was vinnig op die toneel, maar die grootste deel van die huis was reeds in ligte laaie met hul aankoms en is verwoes. Maloka en die loseerders woon tans by vriende en familie.
“Die huis het aan my pa behoort wat twee jaar gelede oorlede is,” sê Maloka.
Polokwane polisie se kommunikasiehoof, Ntobeng Phala kon teen druktyd nie bevestig of die polisie wel die brand ondersoek nie.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Twee brandbestryders blus smeulende balke in een van die vertrekke van ‘n huis in Bendor wat Vrydag byna heeltemal in ‘n brand verwoes is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version