Bosveld NewsLocal NewsNews

VLU skenk rolstoel aan Dienssentrum

Die Dienssentrum vir Bejaardes vra die gemeenskap om hulle broodknippies na die sentrum te bring vir hierdie projek.

MOKOPANE – Om broodknippies te versamel werp beslis vrugte af het die Vroue Landbou Unie (VLU)-Noord se flukse vroue besef toe hulle Dinsdag ‘n rolstoel aan die Dienssentrum vir Bejaardes geskenk het.

Leanda Le Cornu, voorsitter van die VLU-Noord, het die rolstoel oorhandig as deel van die Veld en Noord herwinningsprojek van die VLU.

Die VLU-Noord het 45 kg se broodknippies versamel om die rolstoel te kon kry en die glimlagte was breed toe Wimpie Engelbrecht, bestuurder van die sentrum, die stoel in ontvangs neem. Wimpie vertel, tong in die kies, dat die sentrum nou ‘n nuwe rolstoel het wat se wiel nie pap is of wat nie ordentlik kan draai soos die ander nie.

Tannie Blommetjie Mulder, een van die Dienssentrum se oudste lede wie op 26 September 95 jaar oud word, het ewe fluks opgespring vir ‘n foto om te wys sy het nog nie die stoel nodig nie. Die VLU-Noord se volgende lewensveranderende rolstoelskenking gaan op Modimolle afgelewer word en dan kom Lephalale aan die beurt.

Die Dienssentrum vra die gemeenskap om hulle broodknippies na die sentrum te bring vir hierdie projek.

 

lionel@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button