Juwelier pleit onskuld

'n 27-jarige vrou wat na bewering verskeie inwoners se duur juwele verkwansel het, het verlede Donderdag in die Mokopane Streekhof onskuldig op 13 klagtes van diefstal gepleit.

MOKOPANE -Simoné van Wyk wie vroeër die eienaar van die Goudsmid in die dorp was, het na bewering oor ‘n tydperk van 12 maande in 2014 ‘n menigte kliënte se juwele tot die geskatte waarde van ‘n half miljoen rand gesteel.

Van Wyk se regsverteenwoordiger, Nicky Bosman, het met haar vorige verskyning op 21 Julie beswaar aangeteken teen die klagstaat wat uitgelees is.

Bosman was van die mening dat die klagstaat vaag en verwarrend is omrede dit nie duidelik is of die klag ten aansien van die deposito’s wat destyds deur die verdagte ontvang is vervreem is en of dit gaan oor die juwele wat na bewering gebuit is.

Die staat het verlede Donderdag die klag van bedrog met 13 klagtes van diefstal vervang, waarop Van Wyk onskuldig gepleit het.

Magistraat Gerhard Pretorius het die saak tot 10 Oktober vir verhoor uitgestel.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version