Jong pa, 2 neefs sterf in 2 aparte ongelukke

Die dorp is tot stilstand geruk nadat drie jong lewens in minder as 'n week deur ongelukke geëis is.

MOKOPANE – ‘n Aand voor sy 27ste verjaarsdag is Tinus van Rooyen in ‘n motorfietsongeluk oorlede.

Tinus, ‘n geliefde inwoner en pa van twee, was Saterdagaand op pad terug vanaf Polokwane op sy motorfiets toe hy, sowat 6 km voor die Zebediela tolhek op die R101, in ‘n trompopbotsing betrokke was. Tinus is op die toneel dood verklaar.

Volgens Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi was die bestuurder van ‘n bakkie op pad na Polokwane toe hy na bewering ‘n ander voertuig verbysteek en toe trompop in Tinus vasry. Sy sê verder: “‘n Saak van strafbare manslag is oopgemaak en die ondersoek duur voort.”

Tinus se roudiens het op Donderdag, 1 September, vanuit die NG Hulp en Hoop Gemeente in H.F. Verwoerdstraat plaasgevind. Erica bedank die gemeenskap vir hulle ondersteuning en bystand gedurende die hartseer tyd.

Slegs ‘n paar dae later het twee neefs in die vroeë oggendure van Woensdag op die N1 verongeluk.

Bennette Riekert (18), ‘n oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter en sy neef, Henkie van Wyk (20), was op pad terug van Johannesburg, toe die vragmotor waarin hulle gereis het tussen die Carousel tolhek en Hammanskraal omgeslaan het.

Riekert en van Wyk is op die toneel dood verklaar.

“Geen ander voertuie was betrokke in die ongeluk nie en ‘n ondersoek duur voort,” het Netcare 911 gemeld.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version