Verlustig jou die naweek in boslelieprag by Cliviaskou

Die statige inheemse immergroen boslelies (Clivia miniata) is nou vol in die blom en val perfek saam met die grootste Cliviaskou met die grootste verskeidenheid plante in die provinsie. Polokwane-tuiniers en blomliefhebbers en boslelieversamelaars kan van môre (Vrydag) tot Sondag by Groblerstraat 51A na hartelus kom koop en die verskillende kleure bewonder. Die skou is Vrydag …

Die statige inheemse immergroen boslelies (Clivia miniata) is nou vol in die blom en val perfek saam met die grootste Cliviaskou met die grootste verskeidenheid plante in die provinsie.
Polokwane-tuiniers en blomliefhebbers en boslelieversamelaars kan van môre (Vrydag) tot Sondag by Groblerstraat 51A na hartelus kom koop en die verskillende kleure bewonder. Die skou is Vrydag en Saterdag van 08:00 tot 17:00 oop en Sondag van 09:00 tot 12:00 en word deur Pieter van Eeden, een van voorste kwekers in die land hanteer.
Sade van verskillende kruisings is ook te koop.
Boslelies waarvan daar ses spesies is, sal altyd gewild by versamelaars en tuiniers bly en is die ideale plant vir Suid-Afrika se droë klimaat. Hul blom jaarliks in die vroeë lente.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Hooffoto: Keisha van Eeden bewonder van haar oupa, Pieter van Eeden se besondere boslelieblomme. (Foto: Verskaf)

Exit mobile version