NewsSchools

Northern Muslim School bied Afrikaanse gedigte-aand aan

Leerders van Northern Muslim School het Vrydagaand gewys dat hul glad nie op hul monde geval is wanneer dit by Afrikaanse gedigte kom nie. Die Nag van die Digter-voordragkompetisie is deur die graad 4 tot 7-Afrikaansonderwyser, Frieda Niemann gereël om leerders geleentheid te gee om die taal se nuanses te waardeer. “Leerders van die Northern …

Leerders van Northern Muslim School het Vrydagaand gewys dat hul glad nie op hul monde geval is wanneer dit by Afrikaanse gedigte kom nie.
Die Nag van die Digter-voordragkompetisie is deur die graad 4 tot 7-Afrikaansonderwyser, Frieda Niemann gereël om leerders geleentheid te gee om die taal se nuanses te waardeer.
“Leerders van die Northern Muslim School kry nie baie blootstelling aan Afrikaans nie en dit is nodig dat hulle Afrikaans met selfvertroue leer praat,” sê Niemann.
Die leerders het gedigte soos ‘Boston bom’ van Anita Jonker, ‘Hoekom ons mense’ van Kamogelo Maako, ‘Buffel vir ‘n bedelaar’ van Lynné Schoeman en ‘Gevangene’ van Lara Esterhuizen voorgedra. Die beste drie voordragkunstenaars van elke graadgroep het ‘n trofee en ATKV-sertifikaat ontvang. Leerders het elk ook ‘n deelnamesertifikaat ontvang. Die graad 4-wenner is Khatija Khan, graad 5-wenner is Safiya Khan, die beste graad 6-voordrag is deur Humeyra Eren gelewer en Aqsa Khatib is as wenner in graad 7 aangewys.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die Nag van die Digter-wenners in graad 4 is Imaan Kika Bham (tweede), Khatija Khan (eerste) en Rayhaan Kaka (derde).

Safiya Khan (middel), Tasmiya Cheniya (links) en Zayd Moosa (regs) is die top drie graad 5- voordragkuns­tenaars van die Northern Muslim School.
Safiya Khan (middel), Tasmiya Cheniya (links) en Zayd Moosa (regs) is die top drie graad 5- voordragkuns­tenaars van die Northern Muslim School.
Die graad 6-groep se wenners is Humeyra Eren (middel), Omar Gani (links) en Ammarah Pocha (regs).
Die graad 6-groep se wenners is Humeyra Eren (middel), Omar Gani (links) en Ammarah Pocha (regs).
Met die gedig, ‘Gevangene’ het Osaid Jan (tweede), Aqsa Khatib (eerste) en Zameer Ishmail (derde) met die louere in graad 7 weggestap.
Met die gedig, ‘Gevangene’ het Osaid Jan (tweede), Aqsa Khatib (eerste) en Zameer Ishmail (derde) met die louere in graad 7 weggestap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button