Skenk jou ekstra PnP ‘Super Animal’ kaarte vir ‘n goeie saak

Inwoners word aangemoedig om hul kaarte vir die DBV te skenk.

POLOKWANE – Oud en jonk versamel deesdae Pick ‘n Pay se Super Animal kaartjies met foto’s en feite oor verskillende diere. Ongelukkig, soos met die meeste versamelstukke, is daar duplikasie en dié word dan tussen vriende, en soms, selfs vreemdelinge uitgeruil.

‘n Polokwane inwoner het met ‘n slimpan gekom, om die ekstra kaartjies vir die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se liefdadigheidswinkel in Savannah Mall te skenk, dit kan dan geruil word vir kat en hondekos by die DBV.

“As jy ‘n kaartjies kort gaan jy die DBV-winkel besoek en die kaartjies ruil vir ‘n blikkie honde of katkos,” vertel Lisa Kruger, wat saam met ‘n vriendin, lola Botha die blink plan bedryf.

Die DBV is baie op gewonde oor die plan en almal hoop dat die gemeenskap sal help.

“Hierdie is ‘n baie oulike en kreatiewe manier om kos in te samel en ons waardeer dit. Ons het nog nie baie kaartjies nie en moedig lesers aan om vir ons kaartjies te bring,” vertel Miems Cordewene, Bestuurder by die DBV winkel.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version