Bosveld NewsNews

N.G. gemeentes word een

Die twee gemeentes se kerkrade en leraars was geruime tyd in deeglike gesprekvoering met mekaar en op 1 Julie is die nuwe gemeente amptelik tot stand gebring.

MOKOPANE – Die N.G. Moedergemeente en die N.G. Oosgemeente het tot eenwording besluit en staan nou bekend as die N.G. Gemeente Piet Potgietersrust.

Die twee gemeentes se kerkrade en leraars was geruime tyd in deeglike gesprekvoering met mekaar en op 1 Julie is die nuwe gemeente amptelik tot stand gebring. Ds. Peet Venter, leraar van die N.G. Gemeente Piet Potgietersrust, sê die eenwording was onvermydelik en gaan vir ‘n effektiewe bediening sorg.

Tans is daar Sondagoggende om 08:30 ‘n erediens in die ou Oosgemeente se kerk in Thabo Mbekirylaan en om 10:00 ‘n diens in die ou Moedergemeente op die hoek van Thabo Mbekirylaan en Krugerstraat.

Ds. Venter en ds. Chantelle Francis is die leraars van die nuwe gemeente.

Op Sondag, 18 September, kry die lede kans om mekaar beter te leer ken wanneer daar in die saal van die ou Moedergemeente gesmul en gekuier gaan word nie net om dankie te sê vir die afsluiting van twee gemeentes nie, maar ook vir die vorming van ‘n nuwe.

Daar gaan ook ‘n boom geplant word.

Die ou Moedergemeente is aanstaande jaar 100 jaar oud en die viering van die geskiedkundige dag word reeds beplan.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button