Local NewsNews

VLU bederf met heerlike geure

Die lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) se oggendtak is gedurende hul onlangse maandvergadering met ‘n besoek van Scents of the World bederf.

POLOKWANE – Scents of the World het aan die lede verduidelik waar hulle parfuum vandaan kom en hoe dit gemaak word. Elke lid het ‘n bederfpakkie van Scents of the World ontvang met sjampoe, opknapper en vloeibareseep.

Een van die lede, Anna du Toit, het haar wenke gedeel oor hoe om ‘n heerlike rolkoek te bak. Die lede is aangemoedig om vir hulle volgende vergadering elk ‘n rolkoek te bak om te demonstreer wat hulle geleer het en hoe hulle dit toegepas het. As ekstra motivering gaan beoordelaars die beste rolkoek kies.

Maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button