[VIDEO] A, B, C’s van Afrikaans

Die Doornkraal Voortrekkers het die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) se ontstaan met ‘n konsert en ete op Dinsdag, 16 Augustus gevier.

POLOKWANE – Die GRA is gestig op op 14 Augustus 1875 en vier hierdie jaar hul 141ste bestaansjaar. Hulle doel is om voorstaanders te wees van die behoed van die Afrikaanse taal, die nasie en die land.

Die GRA vorm deel van die vertalingsgroep wat die Bybel in Afrikaans vertaal. Hulle gee ook maandeliks ‘n maandblad uit om Afrikaners op hoogte te hou van gebeure en is kern in die opstel van Afrikaanse spraakkuns en woordeboeke.

Elke span het die geleentheid gekry om die gehoor en die beoordelaars te beïndruk met hul opvoerings.

Die beoordelaars was Danie Erasmus en Ben Olivier. Hulle het die taak gehad om die opgemaakte tematafels, kos en die opvoerings te beoordeel en dan die onderskeidelike wenners aan te kondig.

Al die Voortrekkers, hul ouers en al die ander gaste het die kreatiewe opvoerings terdee geniet.

Die wenners van die gr. 0 tot 3-groep was die Kiewiete met hul opvoering: Tien klein paddatjies.

In die gr. 4 tot 7-groep het die Flaminke koning gekraai met hul verduideliking hoe hulle oor Afrikaans voel deur elke letter van die alfabet in te span.

Die breëborswenners van die gr. 8 tot 12-groep was die Leeus wat hulle voorletters ingespan het om ‘n opvoering te doen oor hoe hulle besluit wat om op te voer.

Magda Wentzel, die Adjunkhoofleier: Penkop en Drawwertjiesake, het gesê dit maak haar trots dat al die spanne so mooi uitgebeeld het hoe trot hulle oor hul taal is.

“Die spanne het almal baie moeite gedoen en almal het die opvoerings vreeslik geniet.”

maretha@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version