Ivydale Shelter kry nuwe voorkoms

Drienie van Wyk, voorsitter van Vision of Hope Foundation (VOHF) Polokwane, het onlangs plaaslike besighede genader om Ivydale Shelter as Mandeladagprojek te help. Paint Pot Polokwane het verf geskenk om die toevlugsoord se hoofhuis ‘n hele nuwe verfbaadjie te gee. “Ons doen ‘n assesering van waar daar hulp nodig is en probeer om ons deel …

Drienie van Wyk, voorsitter van Vision of Hope Foundation (VOHF) Polokwane, het onlangs plaaslike besighede genader om Ivydale Shelter as Mandeladagprojek te help.
Paint Pot Polokwane het verf geskenk om die toevlugsoord se hoofhuis ‘n hele nuwe verfbaadjie te gee.
“Ons doen ‘n assesering van waar daar hulp nodig is en probeer om ons deel by te dra, veral by plekke wat geen inkomste van die staat of ander amptelike instansies ontvang nie,” sê Paint Pot-bestuurder, Rayond Reed.
‘n Plaaslike kantooroutomatiseringsmaatskappy se werknemers, onder leiding van bemarkingskakelbeampte, Rolene Pieterse het hul 67 minute vir Mandela by Ivydale Shelter spandeer en die huis geverf.
Die verfspan het ook vir ‘n warm ete gesorg en sop, broodjies en muffins aan die inwoners uitgedeel.
Mede-bestuurder van Ivydale Shelter, Meissa Horn het haar dank teenoor al die betrokke partye en vrywilligers uitgespreek.
Storie en fotos: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

 

Hooffoto: Vision of Hope Foundation Polokwane se voorsitter, Drienie van Wyk en Paint Pot Polokwane-bestuurder, Raymond Reed by die verf wat geskenk is.

 

Die verfspan van die plaaslike kantoorouto-matiseringsmaatskappy is Rolene Pieterse, en Solomon Abasha, James Mmamaleka en Marieke Ferreira (agter).
Exit mobile version