Local NewsNews

Inbrekers buit reukwater ter waarde van R25 000

Sekuriteit is Dinsdag­oggend by Savannah Mall opgeskerp nadat daar in die vroeë oggendure by dié winkelsentrum ingebreek is. Volgens ‘n bron wat glo kringtelevisiemateriaal van die inbraak gesien het, was daar agt inbre­kers wat ingang 4 van die sentrum se glasdeure gebreek het om toegang te kry en toe by DisChem ingebreek het. Glasrakke waarop …

Sekuriteit is Dinsdag­oggend by Savannah Mall opgeskerp nadat daar in die vroeë oggendure by dié winkelsentrum ingebreek is.
Volgens ‘n bron wat glo kringtelevisiemateriaal van die inbraak gesien het, was daar agt inbre­kers wat ingang 4 van die sentrum se glasdeure gebreek het om toegang te kry en toe by DisChem ingebreek het. Glasrakke waarop duur reukwater agter slot en grendel uitgestal is, is stukkend geslaan en die buit is in sakke gepak voordat hulle gevlug het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê reukwater ter waarde van R25 000 is gesteel en dat die saak ondersoek word. Nog geen arrestasies is gemaak nie. Savannah Mall se bestuurder, Lionel van List sê daar was ongeveer 12 inbrekers.
“Die sentrum se sekuriteit was in die minderheid en ons was nie seker of die inbrekers gewapen is nie. Die polisie is dadelik geskakel terwyl sekuriteitspersoneel die inbrekers op kamera dopgehou het. Hulle het geweet wat hulle soek en die hele voorval het slegs ses minute geduur,” sê Van List.

Hooffoto: ‘n Sekuriteitswag beman die deur by ingang 4 van Savannah Mall na ‘n inbraak oggend.

Glaskaste in DisChem is gebreek en reukwater van ongeveer R25 000 gesteel.
Glaskaste in DisChem is gebreek en reukwater van ongeveer R25 000 gesteel.

 

Related Articles

Back to top button