PLS leerders toets hul wiskunde vaardighede

Laerskool Pietersburg leerders in gr. 6- en 7 het die afgelope week aan die Wiskunde-in-Aksie projek deelgeneem.

POLOKWANE – Die projek vind nasionaal plaas en duisende Afrikaanse leerders neem jaarliks daaraan deel.

Die doel is om die vlak van wiskunde-geletterdheid in die land te verhoog en jong uitblinkers te identifiseer.

Laerskole word landwyd genooi om hulle gr. 6- en 7-leerders in te skryf vir die projek wat behels dat hulle onvoorbereid ‘n gevorderde wiskundevraestel moet beantwoord en ook motiveer waarom wiskunde vir hulle belangrik is.

Die 30 beste presteerders in elke streek word dan uitgenooi na die Wiskunde-Pretdae. Daar word hulle deur verskillende aanbieders landwyd blootgestel aan opwindende moontlikhede wat deur wiskundige kennis ontsluit kan word en word die algehele wenners van die projek ook beloon met toekennings en pryse.

2016 se wenners sal later in die jaar bekend gemaak word.

riana@nmgroup.co.za

Exit mobile version