NewsSchools

Te kies en keur by jaarlikse PLS-Kunsmark

Polokwane-inwoners kan van môre (Vrydag) af weer genot uit winskope en unieke handgemaakte produkte put wanneer die jaarlikse Kunsmark tot 6 Augustus by Pietersburg Laerskool (PLS) vir die 15de keer aangebied word. Die stampvol skoolsaal word jaarliks met kreatiewe skeppings soos fotorame, kussings, juwele, tuisgemaakte lekkergoed, ingelegde produkte en kase gepak. Uitstallers van so ver …

Polokwane-inwoners kan van môre (Vrydag) af weer genot uit winskope en unieke handgemaakte produkte put wanneer die jaarlikse Kunsmark tot 6 Augustus by Pietersburg Laerskool (PLS) vir die 15de keer aangebied word.
Die stampvol skoolsaal word jaarliks met kreatiewe skeppings soos fotorame, kussings, juwele, tuisgemaakte lekkergoed, ingelegde produkte en kase gepak. Uitstallers van so ver as die Kaap bring hul produkte teen billike pryse Limpopo toe.
Elsabé du Preez en Daleen Brönn organiseer die mark om aan inwoners geleentheid te bied om unieke items aan te skaf en samel terselftertyd geld vir die skool in.
“Die mark groei jaarliks met nuwe uitstallers en die skoolsaal bars uit sy nate. Mense kan uitsien na ongeveer 80 stalletjies en die bekende teetuin waar kopers kan ontspan,” sê Du Preez.
Die kunsmark is weeksdae van 10:00 tot 19:00 en Saterdag van 09:00 tot 19:00 oop. Besoekers kan die ingang in Thabo Mbekistraat gebruik. ‘n Gelukkige besoeker staan boonop die kans om ‘n Nespresso koffiemasjien te wen.
Vir meer inligting skakel Du Preez by 082 650 8811.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto: Pietersburg Laerskool se skoolsaal sal vanjaar weer stampvol winskopies tydens die Kunsmark wees wat van môre (Vrydag) tot 9 Augustus aangebied word. 

Related Articles

Back to top button