[FOTO’S] Limpopo Toyota Knights Braaikompetisie 7de ronde

"Die einde is in sig en die standaard raak net al hoe hoër elke week," vertel Liebenberg, een van die organiseerders asook 'n beoordelaar en "Braaikoning".

POLOKWANE – Die voornemende braaikonings van die Limpopo Toyota Knights Braaikompetisie het Maandagaand heerlike hoenderdisse en watertandlekker nageregte op die braaivleisvure voorberei.

Die kompetisie vind weekliks plaas by Ballantino’s en die deelnemende spanne ontvang elke week ‘n vleissnit wat hulle op die kole moet voorberei.

Die spanne wat hierdie week deelgeneem het was 4×4 Mega World (Martin Potgieter en Jan Pretorius), B’rakhah 4×4 (Dawid van Heerden en Charel Faurie), en Opposite Lock (Trevor Smit en Willie Cronjé).

Die spanne bestaan uit twee lede elk wie al die geregte self moet voorberei die aand van die kompetisie. Geen voorbereidings mag vooraf gedoen word nie.

Die beoordelaars wie die moeilike besluit moes neem om die wenners aan te wys was Ryno Jardin (Toyota Limpopo Knights), Dirk Liebenberg (Braaikoning) en Christo Hildebrand (Protea Hotel The Ranch Resort).

Die wenners van die aand was Opposite Lock en hulle spyskaart is as volg:

Hoofgereg:

• Gevulde hoender met groente

Nagereg:

• Portdeurdrenkte appels en pere.

Die spanne wat volgende week gaan deelneeem: Round Table Impala 157, Round Table 22, Rotary Pietersburg 100, Curro Heuwelkruin en Mockford Farms.

maretha@nmgroup.co.za

 

Exit mobile version