Oud-leerder se onbaatsugtige gebaar

‘n Oud-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS), Lorindie Steyn wat in 2010 in ‘n motorfietsongeluk was het onlangs aan die skool, wat haar tydens die ongeluk bygestaan het dankie gesê.

POLOKWANE – In 2010 was sy in gr.11, haar ouers het nie ‘n mediese fondse gehad nie en sy is na die ongeluk in die Pietersburg Provinsiale hospitaal opgeneem.  Gedurende dié tyd het die verpleegpersoneel van die hospitaal gestaak en sy het byna geen sorg ontvang nie.

PHS het ‘n fondsinsameling gehou om vir haar rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig en mond te betaal. Die operasies het in Mediclinic Limpopo plaasgevind.  PHS se traumafonds betaal vir leerders wat nie ‘n mediese fonds het nie, hulle kan dan sodoende die nodige mediese sorg kry.

Dis amper 6 jaar later en danksy spesialiste soos dr. Frikkie Redelinghuys kan Lorindie vandag weer die wêreld in die oë kyk.

Prokureur en ongeluk-rekonstruksie-kenner Phillip Smit wat die ongeluk destyds ondersoek het, het ‘n eis namens Lorindie by die Padongelukkefonds ingedien.

Daar is onlangs ‘n bedrag aan Lorindie uitbetaal. Om aan die skool dankie te sê het sy R5 000 aan PHS se traumafonds geskenk.

“Die PHS-traumafonds staan nou bekend as die Lorindie Steyn Traumafonds,” vertel PHS se skakelbeampte Anna-Marié Schoeman.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

 

 

 

Exit mobile version