NewsSchools

‘Hou hierdie spasie dop’ – PLS o/11-netbalspan

Review het met die o/11-netbalspan van Laerskool Pietersburg gesels oor hoe hulle oor netbal voel.

Volgens netbalafrigter, Amri van Aarde, gaan die spel 100% oor die meisies se passie.  Die span is onlangs as naaswenners in die Limpopo Kampioenskapliga gekroon.

Volgens die span se afrigter, Amri van Aarde beteken die tweede plek vir haar en die span die wêreld.

Sy het aan Review vertel dat, toe sy met die span begin werk het, hulle baie werk nodig gehad het en dat sy nooit kon droom dat hulle so goed sou kon speel nie.

“Hulle het aan die begin van die seisoen baie ver verloor en om in die finaal net met twee doele te verloor is iets waarop hulle baie trots kan wees,” vertel Van Aarde.

Related Articles

Back to top button