Huldeblyk aan twee beste vriende

In Junie het die lewens van twee families drasties verander toe twee seuns opslag dood is in ‘n motorfietsongeluk

POLOKWANE – Pieter Potgieter (20) en Nicky du Preez (19) het saam op die motorfiets gery toe hulle op die N1 net buite die stad in ‘n trompopbotsing met ‘n bakkie betrokke was, albei jong manne is op die toneel dood verklaar deur paramedici.

Die twee was beste vriende en hulle families het besluit om ‘n gesamentlike begrafnis te hou vanuit die Lede in Christus Kerk te Tzaneen begrawe op Saterdag, 2 Julie.

Die ouers van Potgieter en Du Preez bedank die gemeenskap vir sie ondersteuning en bystand wat hulle ontvang het na die ongeluk.

Hulle bedank in besonder die motorfietsryergemeenskap  wie naamplaatjies ter herinnering van die twee jong mans teen die muur van herinnering by Soetdorings Buiteklub aangebring het na ‘n roerende kerkdiens.

“Ons is dankbaar vir als wat die gemeenskap vir ons doen. Ons waardeer almal se bystand, omgee en gebare van bemoediging,” sê Nicky se ma, Zelda du Preez, en Pieter se ma, Elsabé Scharneck.

 

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version