PHS-leerders steun kinders by gesinsorg

‘n Groep graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het onlangs hul gewig by die Egskeidingsorg vir Kinders (ES4K)-week van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging gegooi. Die groep, bestaande uit nege meisies, het dié vrywilligerwerk aangepak as deel van die Ubuntutaak wat alle graad 10-leerders moet voltooi. Die taak is ‘n onderwysinisiatief wat vereis dat leerders …

‘n Groep graad 10-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het onlangs hul gewig by die Egskeidingsorg vir Kinders (ES4K)-week van die Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging gegooi.
Die groep, bestaande uit nege meisies, het dié vrywilligerwerk aangepak as deel van die Ubuntutaak wat alle graad 10-leerders moet voltooi. Die taak is ‘n onderwysinisiatief wat vereis dat leerders in hul vrye tyd na behoeftige mense of instansies uitreik om welwillendheidswerk te verrig.
Tydens die ES4K-week het die Pieties tyd saam met die kinders spandeer, video gekyk, koekies gebak en versier en speletjies gespeel.
Christa van der Linde, maatskaplike werker sê die kinders het baie geleer en die tyd saam met die PHS-vrywilligers baie geniet.
Volgens Lorette Bosch, maatskaplike werker en hoof van die gesinsorgvereniging, word die ES4K-week tweejaarliks aangebied.
Die program help kinders wie se ouers geskei is om hul emosies te verwerk en raak onderwerpe soos ‘Wat is besig om met my familie te gebeur’ en ‘Ek is nie alleen nie’ aan.

Story & Photos: Alet-Elize van Jaarsveld
Leerders van PHS skakel in by die ES4K-week wat by Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging aangebied is. Voor is Monique Pretorius en Karlien Baker. In die middel is Marlize Botha, Vallerey Rosser en Jessica von Well. Agter is Sanri Lottering, Melissa Beeslaar, Chanike van Wyk en Juandri Champaud.

Jessica von Well help ‘n kleuter om ‘n kol-wyntjie te versier.
Jessica von Well help ‘n kleuter om ‘n kolwyntjie te versier.
Melissa Beeslaar en ‘n kleuter.
Exit mobile version