Michke sterk aan na botsing

Doreen is reeds terug by die werk en vertel dat Michke intussen ontslaan is.

POLOKWANE –  Review se berig verlede week oor die Pretoriusgesin wat in ‘n botsing in die stad betrokke was, het oorweldige reaksie van inwoners gelok.

Doreen Pretorius het saam met haar dogters, Michke (13) en Elzani (9) in Vermikulietstraat gery toe ‘n bakkie hulle van agter af gestamp het terwyl hulle gewag het vir aankomende verkeer voor hulle in Marastraat kon indraai.

Michke se heup is in die ongeluk ontwrig en sy is na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal geneem vir behandeling.

Die botsing het die gesin sonder vervoer gelaat.

Doreen is reeds terug by die werk en vertel dat Michke intussen ontslaan is.

“Ek kon met die geld wat my versekering uitbetaal het, darem ‘n ander motor koop, maar ek is ‘n paar duisend Rand teruggesit in my begroting. Michke is bedlêend aangesien sy nie haar heup mag beweeg nie en moet 24 uur per dag versorg word. My skoonma bly deur die dag by haar. Michke moet fisioterapie ontvang.”

Die gesin het ook berading ontvang.

“Die besigheid waarvan die werknemer in my vasgery het, het vir die kinders eetgoed en speelgoed gebring, maar ek benodig steeds hulp.”

As jy kan bydra, kontak vir Doreen by 072 132 0614.

Lees meer:
Ma benodig hulp na motorongeluk

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version