Bosveld NewsNews

Inwoner gryp in nadat vandalis sy stempel op muur sit

"Ek nooi die vandalis uit om eerder aan my deur te kom klop, as die verflus om weer beet kry."

MOKOPANE – Lanie Osborn het haar misnoeë teenoor die vandalis, wat haar muur in Ruiterstraat 136 verlede Dinsdag geverf het, uitgespreek.

Osborn sê sy weet dié boodskap was op die Vrymesselaars, wie se losie langs haar huis is, gemik, maar dit is steeds swak smaak.

“In die 25 jaar wat ek al hier bly is dit die eerste keer wat so iets gebeur en hopelik die laaste keer.

“Ek nooi die vandalis uit om eerder aan my deur te kom klop, as die verflus om weer beet kry.”

Osborn bedank Alec Wroe, wat uit sy vrye wil, oor die naweek die muur afgeskuur en nuut oorgeverf het.

Related Articles

Back to top button