Local NewsNews

Geskiedenisliefhebbers herdenk Eerste Wêreldoorlog

Die Eerste Wêreldoorlog, wat vanjaar ‘n eeu gelede plaasgevind het, is Vrydagaand deur sowat 120 geskiedenisliefhebbers herdenk wat in die stad byeengekom het. Plaaslike geskiedenis­fundi, Louis Scott het belangstellendes met sy interessante vertellings van die oorlog, wat van 1914 tot 1918 geduur het, geboei. Ongeveer 265 000 Suid-Afrikaanse soldate het aan die oorlog deelgeneem en …

Die Eerste Wêreldoorlog, wat vanjaar ‘n eeu gelede plaasgevind het, is Vrydagaand deur sowat 120 geskiedenisliefhebbers herdenk wat in die stad byeengekom het.
Plaaslike geskiedenis­fundi, Louis Scott het belangstellendes met sy interessante vertellings van die oorlog, wat van 1914 tot 1918 geduur het, geboei.
Ongeveer 265 000 Suid-Afrikaanse soldate het aan die oorlog deelgeneem en sowat tien miljoen soldate het gesneuwel.
Die destydse Unie van Suid-Afrika is by die oorlog betrek aangesien Suid-Afrika toe ‘n Britse dominium was en soldate is aanvanklik in Duitswes-Afrika (Namibië), Duits-Oos-Afrika (Tanzanië), Noord-Afrika en Palestina ontplooi.

Doedelsakspeler, David Booth verseker dat gaste in die regte stemming is met sy weergawe van “Amazing Grace”.
Doedelsakspeler, David Booth verseker dat gaste in die regte stemming is met sy weergawe van “Amazing Grace”.

In November 1915 het die Eerste Suid-Afrikaanse Infanteriebrigade, bestaande uit 160 offisiere en 5 648 manskappe in Engeland aangekom en met frontopleiding begin. Dié mag is later tot 20 000 aangevul en het aan die Wesfront geveg. Die soldate was deel van onder meer Die Slag van die Somme en die Slag van Delvillebos.
Scott se aanbieding is deur ‘n aanbieding en skyfievertoning deur Louis Changuion, afgetrede geskiedenisprofessor voorafgegaan.
Plaaslike sakeman, Wayne Thompson, kleinseun van Edward Thompson wat in die oorlog gesneuwel het, het die geleentheid met sy kinders en kleinkinders bygewoon en ‘n uitstalling van sy oupa se memorabilia toegelig.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Louis Scott en Louis Changuion by die items wat verband hou met die deelname van Suid-Afrikaanse soldaat, Edward Thompson wat in die Eerste Wêreld­oorlog gesneuwel het.

Wayne Thompson vertel die geskiedenis van sy oupa aan die hand van sy aandenkings uit die Eerste Wêreldoorlog.
Wayne Thompson vertel die geskiedenis van sy oupa aan die hand van sy aandenkings uit die Eerste Wêreldoorlog.

Related Articles

Back to top button