Local NewsNewsSchools

PHS-leerders wys ware Ubuntu-gees

Hulle Ubunto-projek is ‘n gemeenskapstaak waar leerders na behoeftige mense uitreik om welwillendheidswerk te verrig

POLOKWANE – Die gr. 10-leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het besluit om hul vryetyd, veral nou gedurende die skoolvakansie, aan hulle Ubuntu gemeenskapsprojek te wy.

Hulle Ubunto-projek is ‘n gemeenskapstaak waar leerders na behoeftige mense uitreik om welwillendheidswerk te verrig.

Drie van die leerders, James en Adél Cato en Jos Fouché, het Vrydag uitegreik na hul medemens deur by Martha Hofmeyer tehuis vir bejaardes hul moue op te rol en ‘n aantal take aan te pak.

Hulle het ondermeer rolstoele gewas en gehelp om kaartjies vir die Hobo Dans ten bate van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie in Polokwane te maak.

Dié drie leerders is dit eens dat dit vir hulle ‘n aangename ervaring is om hul medemens te help omdat dit vir hulle goed is om deel van die gemeenskap te wees en minderbevoorregte mense te help. Hulle sê hulle sien beslis uit na die volgende gemeenskapsprojek.

 

roelof@nmgroup.co.za

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button