Kreatiewe kinders wys hul slag

MGM Motors se 24/7 Express Shop het verlede Donderdag nege talentvolle leerders vir hulle inkleurvernuf beloon.

MOKOPANE – Die Express Shop het sedert April ‘n inkleurkompetisie vir laerskoolleerders van Mokopane geloots en meer as 600 leerders het hulle kunswerke ingestuur.

Die beoordelaars sê dit was uiters moeilik om op die wenners te besluit, want al die inskrywings was pragtig.

Die wenners in die gr. 1 – 2 afdeling is: Danika De Klerk, Maddison Wroe en Chokwe Tukisho. In die gr. 3 – 5 afdeling het Didimalo Mashishi, Henrico Kruger en Mampara Langa die pryse opgeraap en in die gr. 6 – 7 afdeling is Megan Wolvaardt, Dayne Brews en Mosebe Tsebe as wenners gekroon.

Carla Erasmus en Gerhard Janse van Vuuren van die 24/7 Express Shop bedank die volgende borge, Craklys Biltong, Gatti Ice Cream, Viljoen Beverages en anoniem vir hulle ondersteuning.

Janse van Vuuren sê die volgende kompetisie is reeds in die pyplyn en die gemeenskap is welkom om ‘n draai in die winkel te kom maak.

Exit mobile version