Vandale teiken losie van Vrymesselaars

"Ons het nie 'n probleem met die boodskap nie, maar met die wyse waarop dit gedoen is."

MOKOPANE – “Ons is verheug oor die boodskap, want ons glo óók dat Jesus leef, maar die boodskap is in slegte smaak oorgedra, want slegs gekke en dwase skryf hul name op mure en glase.”

Hierdie is die woorde van Pierre Visser, lid van die Vrymesselaars, nadat iemand Dinsdagoggend die woorde, ‘Jesus Leef’ en verskeie Bybelverse op die mure van hulle losie in Ruiterstraat met spuitverf aangebring het.

Visser het aan Bosveld gesê: “Ons het nie ‘n probleem met die boodskap nie, maar met die wyse waarop dit gedoen is.”

Die Vrymesselaars nooi die gemeenskap en in besonder die persoon wat verantwoordelik is vir die daad vriendelik uit om hulle te kontak of te besoek. “Ons sal graag met hulle ons missie en visie wil deel.”

Kontak Theunis Visser (Oudemeester van die Vrymesselaars) by 082 464 3590.

Exit mobile version