Local NewsNewsSchools

Hoërskool Pietersburg leerders kry Ubuntu gees

Ubuntu is 'n ou Afrika woord wat beteken ‘menslikheid teenoor ander,’ of ‘ek is wat ek is as gevolg van wat ons almal is’

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se gr.10 leerders  het meer geleer oor hoe om hul medemens by te staan as deel van hulle Ubuntu-projek.

Op Saterdag, 25 Mei, tydens Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) se mini-basaar het twee groepe leerders hul dienste aangebied. Een groep het skottelgoed gewas en die ander groep het gehelp koeke verkoop. Ricolé Weenink en Jane Pienaar vertel dat hulle nie net skottelgoed gewas het nie, maar ook van die tannies se kaste vir hulle reggepak het. Hulle het ook tee wat deur Pick n Pay geborg is bedien.

Die seuns, Pieter-Jan Gouws en sy medeleerders, Martin du Plessis, Jean-Pierre Viljoene en WJ Vos was gretig om te help met die koekverkoping, maar vertel  dat hulle ook  vensters gewas het, en mense help trek het.

Beide groepe vertel dat hulle weer in die toekoms by die SAVF sal gaan help, en dat hulle dit geniet het om saam met die bejaardes te kuier.

“Ons gaan ook betrokke wees by die Hobo-dans wat einde Julie plaasvind en het reeds begin om kaartjies te maak,” vertel Ricolé.

 

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button